Oud-Hongaarse skrif
Oud-Hongaarse skrif | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet | |||
Tyd gebruik | Vanaf 12de eeu | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | Hongaars | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | ||||
ISO 15924 | Hung, 176 | |||
Unicode | Old Hungarian, U+10C80–U+10CFF | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Oud-Hongaarse alfabet is ’n skryfstelsel wat die Hongare in die 8ste tot 10de eeu gebruik het. In moderne Hongaars is die skrif bekend as rovásírás of székely rovásírás; kortweg word dit rovás ("kepe") genoem omdat die skrif gewoonlik op stokke of hout uitgekerf is. Omdat dit taamlik soos die Germaanse runes lyk, word dit ook soms ’n runeskrif genoem.
Daar word geglo die skrif het ontstaan uit die Oud-Turkse skrif en dat dit teen die 9de eeu in gebruik was. Die Hongare het hulle in 895 in die Pannoniese Laagvlakte gevestig. Toe die Koninkryk van Hongarye in 1000 n.C. gestig en die Christelike geloof aanvaar is, het die Latynse alfabet die Oud-Hongaarse skrif vervang.
Letters
[wysig | wysig bron]Die Oud-Hongaarse alfabet het uit 42 letters bestaan. Nes in Oud-Turks, was daar twee soorte konsonante, dié vir voorklinkers (e, ë, é, i, í, ö, ő, ü, ű) en dié vir agterklinkers (a, á, o, ó, u, ú).
Die Hongaarse skrif het ook aparte, nie-alfabetiese runes bevat. Verdere navorsing is nodig om hul oorsprong en tradisionele gebruik te bepaal. ’n Paar voorbeelde:
Unicode
[wysig | wysig bron]Die Unicode-blokke U+10C80-10CFFOld is voorlopig toegeken aan Oud-Hongaars.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hongaarse skrif.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia